Namibië verbied invoer van 13 soorte akkerbouprodukte

Namibië het vandeesmaand sy grense gesluit vir die invoer van 13 soorte akkerbouprodukte, gewaste aartappels ingesluit, omdat plaaslike oeste as voldoende beskou word. Dit is die eerste keer in baie jare dat so baie produkte se invoere verbied is en Namibiërs sal meestal plaaslike produkte eet. Dit dui ook op ‘n groeiende akkerbouproduksiesektor. Emilie Abraham, akkerboubestuurder by die Namibiese Akkerbouraad, het gesê dit is goeie nuus. Sy deel haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.