Namibië toets derde meeste in Afrika vir Covid-19

Namibië is nou die land in Afrika wat die derde meeste van sy burgers vir Covid-19 getoets het. Die syfer word bereken op die getal mense uit elke duisend wat getoets is – met net Gaboen en Suid-Afrika waar meer mense getoets is. In Gaboen is 573 mense per duisend reeds getoets en in Suid-Afrika 307 per duisend. In Namibië verteenwoordig dit 288 uit elke duisend mense.