Namibië se top-uitvoerland bly steeds China

Namibië se top-uitvoerlande volgens Januarie se Namibiese handelsbulletin is China, Suid-Afrika, Zambië, Spanje en Frankryk. Die grootste uitvoerproduk is verwerkte koper, gevolg deur uraan. Vis verteenwoordig 10 persent van uitvoere na Spanje, Zambië en Suid-Afrika, gevolg deur diamante op 8 persent na die Verenigde Arabiese Emirate, België en Hongkong. Suid-Afrika is steeds Namibië se top-invoerland, gevolg deur Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Verenigde Arabiese Emirate en Bulgarye.