Namibië se groenwaterstof-projekte vandeesmaand in Londen verteenwoordig

Namibië se groenwaterstof-kommissaris en presidensiële ekonomiese adviseur, James Mnyupe, het bevestig dat hy op 26 Januarie as spreker aan die Afrika Energie Kamer se Nuwejaars-onthaal in Londen, Engeland, sal deelneem. In onlangse nuus is ook aangekondig dat die petroleum-kommissaris Maggy Shino van die ministerie van myne en energie ook aan hierdie gesprekke sal deelneem. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor of die regering die kwessie van die groenwaterstof op die regte manier benader.