Namibië se graslande, weivelde onder die loep

Die 23ste Namibia Rangeland-forum sal op 28 en 29 September plaasvind. Die laaste byeenkoms was in 2018. ‘n Internasionale Navorsingskonsortium wat tans werk doen op verwoestyning sal deelneem. Die forum is daargestel om die bestuur van graslande en weivelde regoor die land te bepaal op ‘n wetenskaplike basis. Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, sê die forum is uiters belangrik vir die land.