Namibië se ekonomie vaar baie beter as ander in die streek

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab sê Namibië is een van die beste presterende ekonomieë in die streek. Volgens hom is die huidige brandstofprys en inflasie die grootste uitdagings. Hy sê Namibiërs is nie die enigstes wat hoë petrolpryse het nie en die plaaslike prys is in lyn met Rwanda s’n terwyl Suid-Afrika die hoogste prys in die streek het. Daar word internasionaal voorspel dat die Brent ru-olieprys teen ‘n gemiddeld van 105 Amerikaanse dollar per vat in 2022 kos en 94 dollar in 2023. !Gawaxab sê dit behoort verbruikers ‘n aanduiding te gee oor wat gaan gebeur. Die goedkoper brandstof in Angola kos die buurland se regering jaarliks 3,5 miljard Amerikaanse dollar in subsidies.