Namibië se 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld skop in Desember af

Namibië gaan soos Suid-Afrika aan die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders deelneem. Suid-Afrika se veldtog is vanaf 25 November tot 10 Desember waartydens hulle die plaag van geslagsgeweld uitwis wat in die land woed. In Namibië het een van die organiseerders, Rauna Awene, Namibië se veldtogplanne met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.