Namibië sal sy olie ontgin, ten spyte van energieoorgang

Tom Alweendo, minister van myne en energie, het weer beklemtoon dat Namibië en ander ontwikkelende lande die reg voorbehou om fossielbrandstofbronne te ontgin, ondanks voortdurende wêreldwye pogings om kweekhuisgasvrystellings te verminder. Alweendo, wat vandag tydens die Namibië-Korea Energie- en Hulpbronforum in die hoofstad gepraat het, sê die gas- en oliebronne kan lewenstandaarde in die land verbeter, mits dit reg ontgin word. Hy voeg by dat die regering besef daar is klimaatsverandering en ‘n energieoorgang is nodig maar, dat dit regverdig moet wees. Kenners is dit ook eens dat olie steeds deel sal vorm van die wêreld se energiebronne teen 2050.