Namibië sak verder terug op veiligheid

‘n Nuwe peiling deur Gallup toon dat die meerderheid Namibiërs onveilig voel. Die peiling is in 115 lande uitgevoer en Namibië is 103de geplaas, wat die land die 12de swakste land in die wêreld is en die negende swakste op die vasteland. Vrae het ingesluit hoe veilig mense voel wanneer hulle op die straat loop, en hoeveel vertroue hulle in die polisie het. Meeste van die lande waar inwoners onveilig voel is in Suid-Amerika en Afrika. Op die vasteland sluit Namibië by Suid-Afrika en Gabon aan as die swakste lande.