Namibië nie meer ‘n hoërisikoland vir Duitsland nie.

Duitsland bestempel Namibië van môre 12 September af nie meer as ‘n hoërisikoland vir reis nie. Buurlande soos Botswana, Suid-Afrika, Mosambiek en Zambië word egter steeds as hoërisikogebiede bestempel. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die toerismebedryf is verheug hieroor en tans vind ‘n groot toerismeveldtog in Duitsland plaas om toeriste na Namibië te lok.