Namibië moet meer veerkragtig word vir voedselsekerheid

Kwesbaarheid vir wisselende voedselpryse is hoog in Namibië omdat arm huishoudings staatmaak op reën en landbou. Internasionale markte is ook wisselvallig en die land is glad nie bestand teen skokke nie. Ongeveer 38 persent van die bevolking wat direk hierdeur geraak word benut negatiewe hanteringstrategieë wat wissel van die besteding van spaargeld, die leen van geld en nie rekeninge betaal nie. Plaaslike ekonoom, Jason Kasuto sê oplossings om Namibië beter te kan beskerm en veerkragtig te maak, moet gevind word.