Namibië moet in Guyana se voetspore volg met aflandige eksplorasie

Meer as 30 beduidende aflandige olie-ontdekkings is sedert 2015 alleen in Guyana se Stabroek-blok gemaak en Namibië kan in die Suid-Amerikaanse land se voetspore volg. Volgens beraming kan die blok ten minste 11 miljard vate herwinbare hulpbronne bevat. NJ Ayuk, uitvoerende voorsitter van die Afrika Energie-kamer is bly om te sien dat Namibiese regering werk om ‘n bemagtigende omgewing vir aflandige eksplorasie te verskaf. Hy sê om voortgesette eksplorasie en produksie te verseker, sal Namibiese leiers so vinnig as moontlik alles moet doen om te bewys dat Namibië beleggersvriendelik is. Die woordvoerder van Namcor, Paulo Coelho het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.