Namibië kry nóg 223 200 dosisse Johnson & Johnson-entstof

Namibië het nog ‘n besending van 223 200 dosisse Johnson & Johnson-entstof ontvang. Die regering het dit aangekoop deur die Afrika-unie se Platform vir Mediese Voorrade in Afrika via die Trust vir die Verkryging van Entstowwe in Afrika. Die nuwe besending verval in Junie 2023.