Namibië kry N$500 miljoen op omgewingsheffings

Die Namibiese regering het meer as 500 miljoen Namibiese dollar tussen 2016 en 2021 aan omgewingsheffings ingesamel. Dit heffings sluit in ingevoerde produkte soos gloeilampe, buitebande, batterye, plastieksakke en heffings op uitlaatgasse van spesifieke voertuie. Die heffings word herbelê in omgewingsbewaring om die impak van die skade op die omgewing te verminder. Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, se kommunikasiebestuurder, Tonateni Shidhudhu, verduidelik die heffings op plastieksakke aan Kosmos 94.1 Nuus.