Namibië kan genoeg veevoer produseer

Namibië is ‘n land met talle uitdagings, waarvan een die plaaslike produksie van voedsel is sonder om so afhanklik van die suidelike buurman Suid-Afrika vir invoere te wees nie. Die een deel van boerdery wat minder bekend is, is die produksie van veevoer. Die land het ‘n goeie reënseisoen gehad, maar is daar genoeg veevoer? Die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is genoeg produksiekapasiteit om genoegsame voer vir lewende hawe te verskaf, maar nie as daar ‘n droogte is nie.