Namibië is verbind tot hoë-kwaliteit onderwys

President Hage Geingob sê kwaliteit opleiding en onderrig is van uiterse belang, veral in verband met die wêreld se herstel van die Covid-pandemie. Geingob het ‘n toespraak in Parys, Frankryk gelewer by die Globale Onderwys Vergadering vir 2021. Hy sê sedert onafhanklikheid het sy regering ‘n baie groot deel van die jaarlikse begroting in onderwys belê en in 2020, is die sektor 28 persent van die begroting toegeken. In ‘n poging om ‘n meer billike en gelyke Namibiese samelewing te bewerkstellig, het Geingob gesê meer sal gedoen word om doeltreffende en inklusiewe opvoeding aan te bied, veral vir vroue en kinders in landelike gebiede. Onderwys in Namibië het groot uitdagings gehad met die aanvang van die pandemie. Volgens die onderwysministerie het 32 persent van alle skole in die land geen toegang tot telekommunikasie gehad nie terwyl 18 persent geen krag gehad het nie en 13 persent was sonder sanitasie, met 11 persent sonder water.