Namibië is trots op top-vlak-status teen mensehandel

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge is trots op Namibië se “vlak 1”-status wat die land behaal het vir sy optrede gedurende 2021 in die stryd teen mensehandel. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die Amerikaanse staatsdepartement se Trafficking in Person-verslag Namibië in die top-vlak geplaas het, en Namibië bly die enigste “vlak 1” Afrika-land. Besoekende Amerikaanse ondersekretaris, Uzra Zeya, het Namibië se top-posisie in die verslag saam met die adjunkminister van internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, aangekondig. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goeie nuus vir Namibië.