Namibië is onder top-30 lande met minder streng inperkings

Dit is vandag presies twee jaar sedert die eerste harde inperking in Namibië ingestel is. Die stap, wat vir 60 dae geduur het, het wyd kritiek uitgelok en die ekonomie baie skade berokken. Maar, volgens ‘n ontleding deur Simonis Storm was Namibië se inperking eintlik baie lig. Die land het ‘n strengheidsindeks van 47,1 behaal, met 100 wat uiters streng verteenwoordig. Namibië is ook geplaas in die top-30 minder streng lande. Theo Klein van Simonis Storm verduidelik.