Namibië is gasheer van Internasionale Sout-konferensie

In November vanjaar word die eerste Internasionale Sout-konferensie ooit op die Afrika-vasteland in Namibië gehou. Die konferensie sal maatskappye in die internasionale soutvoorsienings-ketting op Swakopmund byeenbring en hulle sal beraadslaag oor die nuutste industrie-ontwikkelings en netwerk met eweknieë regoor die wêreld. Die besturende direkteur van die Walvisbaai Sout-maatskappy, André Snyman, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.