Namibië het ‘n reuse-tekort aan onderwysers

Namibië het ‘n reuse-tekort aan onderwysers. Volgens die 15de Skooldag-verslag van die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, het die land ‘n totaal van 31 421 onderwysers vir 839 579 leerders, wat een onderwyser vir elke 26 leerders is. Die Ohangwena-streek het een onderwyser per 27 leerders. In dié Noorde-streek is 4 311 onderwysers vir 117 293 leerders. Die Karas-streek het 942 onderwysers vir 24 686 leerders.