Namibië gaan baat by Afrika Kontinentale Vrye Handelsgebied  

Die hoof van die inklusiewe nywerheidsafdeling van die Verenigde Nasies se ekonomiese kommissie vir Afrika, Olayinka Bandele, sê die Afrika Kontinentale Vrye Handelsgebied is ‘n positiewe verandering vir kleiner markte soos Namibië en sal die land in staat stel om op streeksvlak verskaffingskettings binne te dring. Namibië se reuse-potensiaal in gebiede soos toerisme, reis, gesondheidsdienste en ander sektore moet ook ontgin word. Namibië se nasionale strategie en implementeringsplan vir die Afrika Kontinentale Vrye Handelsgebied is vandag in Windhoek bekendgestel.