Namibië dreig weer om Cites te verlaat

Namibië dreig om die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, Cites, te verlaat as lande trofeejag verbied. Dit volg ná verskeie Afrikalande hul ontevredenheid uitgespreek het met Cites oor sy standpunt oor ivoor- en trofeejag. Namibiese omgewingsminsiter Pohamba Shifeta sê dit sal geen doel dien om aan die liggaam geaffilieer te word terwyl sy mense en wild ly nie. Hy sê die verbod op die invoer en uitvoer van jagtrofeë en ivoor sal ‘n ramp vir die nasie wees, ekonomies, voedselgewys, sowel as ‘n impak op bewaringsvolhoubaarheid.