Namibië bevestig ontvangs van Pfizer-entstof

Die Namibiese gesondheidsministerie het die ontvangs van 100 620 dosisse Pfizer Covid-enstof van Amerika deur die Covax-fasiliteit bevestig. Die skenking is deur President Hage Geingob deur die VSA se ambassadeur van die Verenigde Nasies, Linda Thomas, in New York bevestig. Dié enstof wat onder baie koue omstandighede gestoor moet word, sal na die streke gestuur word wat oor die vereiste verkoelingsgeriewe beskik.