Namibië Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad ontken diefstal van die Ostora-konsep

Die Namibië Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het gereageer op bewerings van diefstal van die Ostora-konsep. Die raad is bewus van twee partye wat beweer die Ostora-idee is van hulle gesteel. Een party het deur ‘n regsverteenwoordiger met die raad op 24 Augustus gekommunikeer. Verder het twee Namibiese entrepreneurs wat onsuksesvol voorstelle vir die 2020 Dubai Expo Start-up-inisiatief by raad aansoek gedoen het, beweer die raad het hul idees gesteel. Voordat die raad egter die misverstand met partye direk kon uitklaar, het die media reeds daaroor berig. Margareth Gustavo van die Namibië Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.