Namibian Lives Matter: Botswana-weermag teister steeds Zambezi-gemeenskappe

Namibian Lives Matter het gereageer op ‘n verslag van die Nasionale Raad se komitee oor binnelandse sake, sekuriteit, en grondwetlike en regsake wat vandag ter tafel gelê is. Volgens die verslag ilewe gemeenskappe in die Zambezi-streek wat langs die riviere van Chobe, Kwando en Linyanti bly, altyd in vrees weens intimidasie van die Botswana-weermag. Dit het ‘n impak op toerisme, hul lewens en lewensbestaan, want hulle is te bang om vis te vang of hul diere te laat wei. Die komitee het tussen 20 September en 6 Oktober 23 openbare vergaderings gehou en 32 geskrewe voorleggings van gemeenskappe in die Zambezi-streek ontvang. Sinvula Mudabeti, nasionale uitvoerende voorsitter van Namibian Lives Matter, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die teistering van die Botswana-weermag duur voort.

Hy sê as die President versuim om die gebiede van Zambezi te verdedig soos hy belowe het, dan sal die inwoners van die streek hulself mobiliseer.