Namibia Travel and Tourism sluit ooreenkoms met toerismeministerie

Die Namibia Travel and Tourism Forum het vandag ‘n samewerkingsooreenkoms met die Namibiese toerismeministerie onderteken. Die Namibia Travel en Tourism Forum sal nou as die amptelike platform vir toerismeverwante inligting en navorsing wees. Nrupesh Soni van die forum het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê saam met digitaliseringsopleiding, sal ander opleiding in die toerismesektor saam met die toerismeministerie aangebied word. Soni vertrek Sondag na die 2020 Dubai Ekspo om die digitalisering- en inligtingskommunikasieplatform by die Namibiese paviljoen te hanteer.