Namibia Travel and Tourism Forum gaan WhatsApp-toep, InfoBot, bekend stel

Namibia Travel and Tourism Forum gaan binnekort ‘n nuwe WhatsApp-toepassing, InfoBot, van stapel gestuur. Dit sal ‘n interaktiewe en waardevolle bron van inligting vir toeriste en Namibiërs wees. Die platform, www.travel.na, waar almal gratis inligting kan kry, is deel van die forum en die Namibiese omgewingsminsiterie se toerisme-herlewingstrategie en pogings om die Namibiese toerisme-sektor ‘n hupstoot te gee. Die mobiele toepassing is in die goedkeuringsfase en sal binnekort ook afgelaai kan word. Daar is inligting oor meer as 5 600 geregistreerde Namibiese toerisme-maatskappye, dinge om te doen, inkopies, plaaslike kookkuns, aktiwiteite, en dit sal die eerste toepassing wees om Namibiese toergidse, aandenkingswinkels en restaurante te lys.