Namfisa: boetes amper vier keer hoër die jaar

Die Namibiese finansiële-oorsig-owerheid, Namfisa het 1,5 miljoen Namibiese dollar se boetes teen die finansiële sektor in die land, wat kommersiële banke uitsluit, opgehef in die 2020-2021 finansiële jaar. Volgens die owerheid, is die boetes opgehef vir nie-nakoming van verskeie maatreëls wat die indiening van verslae insluit. Die boetes is baie hoër as die wat in die vorige finansiële jaar uitgereik is. In die 2019-2020 finansiële jaar is net 382 000 dollar in boetes opgehef. Namfisa reguleer pensioenfondse, mediese fondse, die versekeringsbedryf en die effektebeurs. Die owerheid sê in sy jaarverslag dat daar nog spelers in die mark is wat roekeloos is en nie maatreëls en regulasies nakom nie.