Name van kandidate vir die amp van hoofregter vir Suid-Afrika die week bekend

Die name van die kandidate wat vir die amp van hoofregter vir Suid-Afrika benoem is, gaan na verwagting vroeg die week op die buurland se Presidensie se webtuiste gepubliseer word. Die ampstermyn van hoofregter Mogoeng Mogoeng eindig op die 11de van die maand. Enige besware teen die benoemings moet nie later as 15 Oktober ingedien word nie. ‘n Paneel met ‘n voormalige regter van die Internasionale Geregshof en die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Navi Pillay, aan die hoof, gaan ‘n kortlys van drie of vier kandidate aan president Cyril Ramaphosa voorlê.