NAMDIA, kliënte skenk meer as N$8 miljoen in stryd teen Covid

Die NAMDIA-stigting veg aktief teen die Covid-pandemie en het reeds sedert 2020 meer as twee miljoen Namibiese dollar aan verskeie projekte geskenk. NAMDIA se kliënte het onlangs 7,14 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk om onder meer suurstof en suurstoftoerusting te verkry. NAMDIA se openbare skakelbeampte, Beverly Coussement, praat met Kosmos 94.1 Nuus.