Namdia behou sy veerkragtigheid

Namib Desert Diamonds, Namdia, se uitvoerende hoof, Kennedy Hamutenya, sê hulle sal aanhou om veerkragtigheid te toon te midde van die verwoestende Covid-pandemie, asook om hul inkomste-vloei hoog te hou. Alhoewel Covid-19 en al die variante steeds verwoesting in ander lande veroorsaak, het hy gesê dat dit slegs vir hul nuwe kliënte ‘n uitdaging sal wees, maar nie vir die bestaandes nie. Volgens Hamutenya wil nuwe kliënte die diamante fisies sien – wat uitdagings in 2020 veroorsaak het – maar vir die bestaande kliënte is dit nie ‘n groot probleem nie.