Namcor reageer op derde tender by oliebergingfasiliteit wat gekanselleer is

Reaksie word ontvang op berigte dat die derde ronde tenders vir die brandbestrydingsinfrastruktuur by die nasionale olieberging fasiliteit by Namport, weer summier deur die verkrygingsraad gekanselleer is. Dit is die derde keer sedert 2019 wat die tender, met ‘n beraamde waarde van 58 miljoen Namibiese dollar, deur die verkrygingsraad gekanselleer is. Die tender is genoodsaak nadat dit aan die lig gekom het, na die fasiliteit teen ‘n koste van 6,5 miljard dollar voltooi is, dat die brandbestrydingsinfrastruktuur nie aan internasionale standaarde voldoen het nie. Paulo Coelho, woordvoerder by Namcor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.