Namcor opgewonde oor PEL 83 eksplorasie-bevindinge
Custos Energy het ‘n opdatering gegee van sy eksplorasieveldtog in PEL 83 in Namibië se Oranjekom. Die veldtog word deur Galp Energia bedryf, en Custos en Namcor hou elk ‘n 10 persent belang. In die Mopane-1A-put is ligte olie en gaskondensaat in hoëgehalte reservoirsand met uitstekende porositeit, deurlaatbaarheid en lae olieviskositeit bevestig. Gekombineer met resultate van Mopane-1X en Mopane-2X, beklemtoon die bevindinge die Mopane-kompleks se potensiaal. Die veldtog sluit in verdere eksplorasie, bykomende putte en ‘n 3D seismiese opname wat in Desember sal begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, wat die goeie nuus deel.