Nam-vroue speel vandag in Afrika Rugby-vrouebeker

Die Namibiese vroue rugbyspan is in Kaapstad vir die Afrika Rugby-vrouebeker. Die span van 25 is onlangs aangekondig. Hulle draf vandag kwart-oor-een teen Zimbabwe uit en speel Donderdag teen Suid-Afrika om kwart-voor-drie. Die span, wat redelik nuut saamgestel is, sal volgens kenners baie goeie ervaring in die reeks opdoen.