Nam se landbouprodukte van topgehalte

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê Namibiese landbouprodukte kan kompeteer met die beste in die wêreld en voldoen aan nismarkte wat kwaliteit eis. Volgens Schlettwein is Namibiese tafeldruiwe en bloubessies van topgehalte en gesog in Europese markte en die dadels, lamsvleis en vis hoef ook nie terug te staan nie. Die plaaslike voorste landbouprodukte word uitgevoer omdat die plaaslike mark so klein is. Hy sê net 25 tot 30 persent van beesvleis wat plaaslik geproduseer word, word plaaslik verbruik. Schlettwein sê landbouproduksie moet verder versterk word.