Nam is slaggereed vir aap-pokke, sê adjunkminister

Namibië is op ‘n gereedheidsgrondslag vir aap-pokke, nadat agt Afrika-lande tot dusver bevestigde aap-pokke aangemeld het, met nog verskeie lande wat vermoedelike gevalle bevestig het. Die lande is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, lande waar die siekte nie endemies voorkom nie. Die siekte word ook in Mosambiek vermoed. Namibië het nog geen gevalle van aappokke aangemeld nie. Dr. Ester Muinjangue, die Namibiese adjunkminister van gesondheid gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Dit is nie bekend of Namibië enigsins beskik van inentings teen pokke, wat vir aap-pokke gebruik word, nie. Die spuit word jare nie meer toegedien nie en net waterpokkies word gegee.