Nam het plan teen mensehandel

Die wêreldwye Georganiseerde Misdaad Indeks-verslag wat vanjaar gepubliseer is, het verklaar dat Suid-Afrika ‘n bron van en bestemming vir mensehandel geword het. In ‘n onlangse werkswinkel oor die bekamping van mensehandel en die smokkel van migrante in Suider-Afrika, het Gosia Lachut, die adjunkhoof van die Europese Unie se sending na Namibië, gesê die land het ‘n program wat ‘n skeepshouer-beheerterminaal insluit wat verlede jaar in Walvisbaai bekend gestel is. Dit is om die verspreiding van mensehandel te bekamp.