Nam-dollar en rand… dinge lyk redelik bedroef

Die ANC-regering se onvermoë om doeltreffende finansiële stelsels te implementeer en beheer het gely tot die land se gryslys status deur die Finansiële Aksie Taakmag. Op sy beurt het dit die Suid-Afrikaanse rand skerp laat daal teen die Amerikaanse geldeenheid. Die rand verhandel tans teen 18,65 en kenners meen die geldeenheid kan, saam met die Namibiese dollar, verder verswak tot verby 19 rand teenoor die Amerikaanse dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê dinge lyk bedroef.

En met die beplande verhoging in die rentekoers in die VSA, hoër as wat voorspel is, sal die Amerikaanse dollar verder versterk wat die Suid-Afrikaanse en plaaslike geldeenhede verder onder druk sal plaas.