Nagwag teken oë op abstrakte skildery van N$15m

‘n Verveelde sekuriteitswag het op sy eerste dag van diens by die Yeltsin-sentrum in Yekaterinburg in Rusland, ‘n skildery ter waarde van 740 000 Britse pond, of 15,2 miljoen Namibiese dollar, verwoes na hy oë op twee van die gesiglose koppe in die skildery geteken het. Hy het, volgens berigte, ‘n balpuntpen gebruik. Die skildery ‘Three Figures’ deur Anna Leporskaya, is ‘n abstrakstuk. Die man se naam is nie bekend gemaak nie maar hy is 60 jaar oud. Die kunswerk is in die tussentyd weer professioneel herstel maar die man word ondersoek vir vandalisme wat ‘n boete van net meer as 8 000 Namibiese dollar en ‘n jaar tronkstraf kan insluit.