Nadal: ‘Geregtigheid het gepraat’ oor Djokovic

Tennis: Rafael Nadal glo “geregtigheid het gepraat” oor die kwessie van Novak Djokovic se deelname aan die Australiese Ope. Internasionale nuusagentskappe berig Nadal het aan ‘n Spaanse radiostasie gesê, ongeag of hy oor sekere kwessies met Djokovic saamstem of nie, sal dit vir hom die regverdigste ding wees om in die Australiese Ope te speel. Ondanks die feit dat die Australiese regering in die hof verloor het, waarsku hy Djokovic kan steeds gedwing word om die land te verlaat indien hulle sy visum vir ‘n tweede keer kanselleer.