NaCC lê N$5m boete op teen Whale Rock Cement

Die Namibiese Mededingingskommissie, Fan Qingmei, Wang Zhongke, Hong Xiang Holdings en Whale Rock Cement het ‘n skikkingsooreenkoms aangegaan na aanleiding van die Kommissie se ondersoek wat bevind het dat die partye die wet oortree het vir die implementering van samesmelting sonder die goedkeuring van die Kommissie. Ingevolge die ooreenkoms is ‘n boete van 5 miljoen Namibiese dollar betaalbaar. Die kommissie sê dat Zhongke het Hong Xiang Holdings-aandele van Qingmei verkryhet. Hong Xiang Holdings is die meerderheidsaandeelhouer met ‘n 70 persent aandeel in Whale Rock Cement en beheer die maatskappy. Aangesien Hong Xiang Holdings Whale Rock Cement beheer, was Zhongke se verkryging van Hong Xiang Holdings van Qingmei ‘n verandering van beheer in Whale Rock Cement. Die Kommissie se bevindinge het aangedui dat die verkryging ‘n effektiewe monopolie in die produksie en verskaffing van sement in Namibië tot gevolg sou hê.