Nabta sê Swapo speel vuil met sy busdiens

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging is vies oor die Swapo-busdiens Namib Contract Haulage se toetrede tot die mark en die lae tariewe wat hy beplan om in werking te stel. Die vereniging meen die party se gedrag is onmededingend. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van Nabta, sê sy kantoor is oorval met klagtes oor die busdiens. Hy voeg by dat die maatskappy beplan om laer tariewe as die wat deur Nabta vasgestel is, te vra, in meeste gevalle, meer as 50 persent minder. In sy mening sal dit waarskynlik chaos veroorsaak as gevolg van onregverdige mededinging teen individuele busoperateurs wat reeds sukkel om hul besighede te onderhou weens brandstofverhogings, onwettige vervoer en meer. Hy herinner die Swapo busdiens dat sommige busoperateurs ook lede is van Swapo is en ledegeld betaal. Dit is dus nie reg om onregverdige mededinging te bring teen die lede nie omdat dit hulle sal beroof van hul verdienste.