Nabta se aansoek vir fooi-verhoging sal nie oorweeg word nie

Die Namibiese ministerie van vervoer se woordvoerder, Julius Ngweda, sê hulle sal nie die beplande aansoek deur die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, vir ‘n verhoging in fooie oorweeg nie. Nabta het bevestig dat hy weer ‘n aansoek sal indien dat fooie van 13 tot 15 dollar opgestoot word, maar Ngweda sê daar is faksies in Nabta en nie almal word herken nie.