Na etlike veldbrande, juig Dordabis se boere

Iris Stehn, ‘n boer in die omgewing van Dordabis sê boere is baie optimisties oor die jaar. Hulle glo hulle gaan ‘n verhoging in produksie hê en suksesvol wees, veral omdat die jaar op ‘n goeie nooit met reën afgeskop het. Boere in die omgewing het verlede jaar erge verliese gely weens veldbrande. Stehn gesels met Kosmos 94.1 Nuus.