N$900 miljard vir Afrika se landbousektor

Die Afrika Ontwikkelingsbankgroep sê die vasteland se pogings om die landbousektor te transformeer en ‘n broodmandjie te word kry sterk wêreldwye steun. Ontwikkelingsvennote het ingestem om meer as 900 miljard Namibiese dollar aan die plan te verleen, net minder as twee maande na dit bekendgestel is.  Duitsland is onder die skenkers wat meer as 255 miljard dollar gaan aanbied, en Amerika gaan 90 miljard dollar bydra. Die Afrika Ontwikkelingsbank beoog om 180 miljard dollar oor die volgende vyf jaar te skenk, terwyl die Islamitiese Ontwikkelingsbank beplan om 127 miljard dollar te verskaf.