N$677m vir Namibiese groen-waterstof projekte

Berigte lui dat die Duitse regering befondsing van net minder as 677 miljoen Namibiese dollar aan die land bewillig het vir navorsing en ontwikkeling van die groen-waterstof industrie in die land. President Hage Geingob het die ontwikkeling van groen-waterstofenergie in die tweede Harambee-welvaartsplan bekend gestel. Sonkrag kan gebruik word in die produksie van waterstofenergie en voorlopige vooruitskattings toon dat Namibië jaarliks meer as 2,6 metrieke ton van groen ammoniak jaarliks in die land geproduseer kan word. Volgens Obeth Kandjoze van die Namibiese Beplanningskommissie dat die ammoniak jaarliks 800 miljoen dollar in inkomste meebring en beleggings van 6 miljard dollar lok.