N$6,1m se perlemoen gevind, verdagtes verskyn in Oos-Kaap

Vyf vermeende perlemoenstropers gaan na verwagting in die hof in Gqeberha in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte onder die Wet op Lewende Seelewe-bronne. Hulle het ‘n voorbereidingsaanleg vir visprodukte sonder ‘n permit bedryf. ‘n Woordvoerder van die polisie sê die gekonfiskeerde perlemoen weeg 3,2 ton met ‘n verkoopwaarde van meer as 6,1 miljoen Namibiese dollar. Nadat ‘n verdagte met ‘n voertuig waarin daar perlemoen was in hegtenis geneem is, het die polisie klopjagte op ‘n paar persele in Walmer gedoen. ‘n Stoor en ‘n aanleg vir die verwerking is gevind. Drie voertuie en gereedskap om vis mee te verwerk, is ook gekonfiskeer.