N$36m vir DRK bewillig vir vrede tydens Des-verkiesing

Die eerste fase van die Afrika-unie se Vredesfonds is aan die Oos-Afrika-gemeenskap toegeken vir sy bystandsmag in die oostelike dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die DRK moet in Desember vanjaar na die stembus gaan, en onstabiliteit in die land kan ‘n negatiewe uitwerking hê op die gladde verloop van die verkiesing. Die Afrika-unie sal sowat 36 miljoen Namibiese dollar in bystandsfondse aan die streeksmag bewillig in ‘n poging om die bevordering van vrede en die wet op die voorgrond te stel.