N$33m bestee op aartappel-, appel- en beet-invoere
Data van die tweede kwartaal toon dat dadels die grootste uitvoer-akkerbouproduk in die tydperk was met verdienste van amper 26 miljoen Namibiese dollar, gevolg deur tamaties ter waarde van 3,3 miljoen dollar. In terme van invoere het die land 17,2 miljoen dollar se aartappels ingevoer, 8,7 miljoen dollar se appels, 7 miljoen dollar in uie en 4,6 miljoen dollar se piesangs. Die syfers is in die oorsig deur die Namibiese Statistieke-agentskap se landbou- en akkerbouverslag vir die tweede kwartaal vervat.