N$30m uitbetaal aan toerisme, konstruksie vir salarisbeskerming

Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het deur sy salarisbeskermingskema meer as 30 miljoen Namibiese dollar reeds uitbetaal. Die skema is daargestel as gevolg van die impak van die Covid-pandemie op verskeie sektore in die land. Die kommissie sê die eerste aansoeke is reeds in Mei 2020 ontvang en die skema het op 31 Julie tot ‘n einde geloop. Meer as 4 000 maatskappye het aansoek vir verligting gedoen maar net meer as 1 600 is weggewys omdat hulle nie in die regte sektore is nie. ‘n Totaal van 245 maatskappye het betalings ontvang en 2 304 wag steeds as gevolg van verskeie redes wat onvoldoende dokumentasie en meer insluit. Volgens die kommissie het toerisme 57 persent van die totale uitbetalings ontvang met konstruksie op 42 persent.